Hyperlinks




SA Recipies

WORSGEBAK


WORSGEBAK

30ml sonneblomolie      1 ui, gekap

1 groen soetrissie, ontpit en gekap      10ml matige kerriepoeier

2ml borrie       500ml kookwater

15ml blatjang   5ml sout

2ml peper       500g rou boerewors, in 4 cm-stukkies

410g blik appelkooshelftes     375 ml rou rys

gekapte grasuie vir garnering

 

Verhit die olie in 'n swaarboompan, braai die uie en soetrissie tot sag en deurskynend, ongeveer 5 minute. Voeg die kerriepoeier by en roerbraai 'n verdere minuut. Voeg die kookwater, blatjang, sout en peper by, verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat 2 minute prut. Pak die rou wors op die boom van 'n groterige oondskottel. Skep die uiemengsel eweredig bo-op die wors. Rangskik die appelkooshelftes bo-oor die wors en giet die sap oor. Sprinkel die rys eweredig oor, plaas die deksel op en bak in 'n voorverhitte oond by 200C  vir ongeveer 45 minute of totdat die rys gaar is.  Strooi gekapte grasuie oor en sit warm voor met 'n mengelslaai.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck