SA Recipies

WITBROOD - BRODE


WITBROOD - BRODE

1kg witbroodmeel    15ml sout

10ml suiker       1x10g Anchor kits droëgis

20g botter   625ml lou water

Sif die meel, sout, suiker en gis saam.  Vryf botter by droë bestanddele in. Voeg lou water by en meng tot 'n sagte deeg.  As die deeg te droog is, kan nog bietjie water bygevoeg word. Knie deeg tot sag en elasties. Plaas in 'n olie gesmeerde mengbak, bedek en laat 20 minute lank rus. Nadat deeg gerys het, knie af en verdeel in 2 ewe groot dele, vorm en plaas in gesmeerde broodpanne. Bedek en laat rys op 'n warm plek, 35-40 minute lank of tot dubbel die hoeveelheid deeg. Bestryk met water en bak in voorverhitte oond by 200C, vir 35 minute of tot gaar.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck