Afrikaans Gedigte

Wie het die mossie doodgeskiet?

W. Versveld


Wie het die mossie doodgeskiet?

Wie het mossie doodgeskiet?
“Ek, sê die aasvoël,
“Met my geweer en koeël,
Ek het hom geskiet.”

Wie het hom gehelp?
“Ek ,” sê die papegaai,
“Ek het sy geweer gelaai,
Ek het hom gehelp.”

Wie het hom sein sterf?
“Ek,” sê die pikkewyn,
“Al is my oë klein,
Ek het hom sien sterf.”

Wie het sy bloed gevang?
“Ek,” sê die koei,
“Hy het vreeslik gebloei,
Ek het sy bloed gevang.”

Wie het hom in die bed gesit?
“Ek,” sê die vlooi,
“Want ek het 'n lekker kooi,
Ek het hom in die bed gesit.”

Wie sal sy graf gaan maak?
“Ek,” sê die os,
“Daar bo in die bos,
Ek sal sy graf gaan maak.”

Wie dra die lyk?
“Ek,” sê die kwikstertjie,
“Ek is sterk soos 'n perdjie,
Ek dra die lyk.”

Wie lui die klok?
“Ek,” sê die makou,
“Ek het 'n lang tou,
Ek lui die klok.”

Wie sal die psalm sing?
“Ek,” sê die spreeu,
“Ek kan lekker skreeu,
Ek sal die psalm sing.”

Wie gaan oor hom rou?
“Ek,” sê die bok,
“Ek het 'n swart rok,
Ek sal oor hom rou.”

Wie sal vir aasvoël straf:
“Ek,” sê die volstruis.
“Ek skop hom met my vuis.
Ek sal aasvoël staf.”

Die voëls en die diere
Wou aasvoël vermoor,
Toe hulle van die dood
Van ons liewe mossie hoor.

Last updated: 25th February 2011 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck