SA Recipies

WEENSE WORSIEGEREG MET KAAS & AARTAPPELSKYFIES


WEENSE WORSIEGEREG MET KAAS & AARTAPPELSKYFIES

3 eetlepels margarien     2 eetlepels meelblom

1 koppie melk  ½ teelepel sout

knippie peper   2 x 28g pakkies aartappelskyfies

425g weense worsies, fyngedruk   500ml gerasperde Cheddar-kaas

10ml fyngerasperde ui    rooipeper

 

Maak ‘n witsous van die margarien, meelblom, melk, sout en peper. Pak ‘n laag van die aartappelskyfies in ‘n vuurvaste tertbord. Meng al die bestanddele behalwe ‘n paar aartappelskyfies. Skep die mengsel in die tertbord en krummel die orige aartappelskyfies bo-oor.  Bak in oond by 180C vir 20 minute.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck