SA Recipies

VARKVLEIS-EN-AMANDELROERBRAAI


VARKVLEIS-EN-AMANDELROERBRAAI

500g varkboud, in repies van 5 mm gesny    10ml kookolie

2 preie, skuins gesny     2 groot wortels, in julienne-repies

2 selderystingels, skuins gesny    10ml gerasperde lemoenskil

180ml vars lemoensap    2ml gemmer

40ml sojasous 80ml vleisaftreksel

10ml mielieblom of koekmeelblom 125ml gepelde amandels

 

Braai vleisrepies bruin in verhitte kookolie. Voeg preie by en soteer tot deursigtig. Voeg wortels en seldery by en roerbraai vir 'n paar minute. Verhit lemoenskil, lemoensap, gemmer, sojasous en vleisaftreksel, en voeg lemoenmengsel by vleis. Verminder hitte en prut vir 'n paar minute.  Voeg mielieblompasta en amandels by en prut totdat sous verdik. (Genoeg vir 4 porsies.)

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts