SA Recipies

TURKSVY FYNKONFYT - KONFYT


TURKSVY FYNKONFYT - KONFYT

Skil 1kg ryp turksvye dun af  en sny dit in klein stukkies op. Voeg 625ml water by, verhit dit tot kookpunt en kook dit 'n kwartier lank met die deksel op. Haal die kastrol van die stoof af. Voeg 375g wit suiker, die sap van 'n halwe suurlemoen, 1 knoets gekneusde, gedroogde gemmerwortel en 'n knippie sout by die warm turksvymoes. Verhit die mengsel stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Kook dit oor matige hitte totdat die konfyt helder en dik is. Verwyder die gemmer en gooi dit weg. Skuim die konfyt af, indien nodig. Bottel dit warm en verseël dit wanneer afgekoel.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck