SA Recipies

TAMATIE STAMPMIELIES - BYGEREGTE


TAMATIE STAMPMIELIES - BYGEREGTE

500ml rou stampmielies (oornag geweek)     1 ui, fyn gekap

olie   3 tamaties, ontvel en fyn gekap

sout en varsgemaalde swartpeper  150ml Cheddarkaas (gerasper)

 

Giet die weekwater van die stampmielies af en bedek met koue water. Verhit tot kookpunt en laat prut dan tot sag. Geur aan die einde van die kooktyd met sout. Dreineer en druk effens fyner met ‘n aartappeldrukker. Voeg ‘n klontjie botter asook ‘n bietjie melk by indien verkies. Soteer die ui in ‘n bietjie olie tot sag. Voeg die tamatie by en prut tot ‘n lekker sous gevorm is. Geur met sout en peper en voeg  stampmielies by. Meng liggies deur, voeg die helfte van die kaas by en meng.  Strooi die orige kaas bo-oor.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck