SA Recipies

SPEK EN LENSIESOP - SOP


SPEK EN LENSIESOP - SOP

6 repe swoerdlose strepiespek, gekap 

4 snye witbrood, korsies afgesny

30ml botter     

2 groot uie, fyngekap

4 groot wortels, gerasper      

500ml oranje lensies, afgewas

3 selderystingels , punte verwyder, gekap   

2 liter hoenderaftreksel

2 lourierblare   

2ml gedroogde basiliekruid

15ml pietersielie, vars gekap 

15ml suurlemoensap

 

Braai die spek vir 3 minute oor lae hitte. Haal uit die pan en hou eenkant. Sny die brood in blokkies en sit by die vet in die braaipan.  Braai die brood tot goudbruin aan albei kante en hou eenkant. Verhit die botter in 'n groot kastrol. Soteer die uie vir 2 minute. Voeg die seldery en wortels by en kook vir 4 minute.  Roer 2 keer. Voeg die lensies, hoenderaftreksel, geurmiddels, lourierblare en basiliekruid by. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat vir ongeveer 2 uur lank stadig prut. Roer af en toe. Roer die spek en pietersielie net voor opdiening by. Laat 2 minute prut en sit dan voor met bereide croutons bo-op.

Lewer 6 porsies.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck