SA Recipies

SPAANSE PAELLA


SPAANSE PAELLA

425g sardyne in tamatie, gedreineer, behou sous        gekapte pietersielie.

220g mossels in pekel, gedreineer, behou sous   500ml rys

2 blokkies hoenderaftreksel    sout en varsgemaalde swartpeper

5 ml borrie       1-2 knoffelhuisies, fyn gedruk

1 groot ui, fyn gekap       125ml bevrore ertjies

1 groen soetrissie, fyngekap  2 tamaties, geskil en in blokkies gesny

Genoeg water om vloeistof van albei blikkies tot 1 liter aan te vul

 

Sny die sardyne in kwarte. Soteer die ui en knoffel in 'n bietjie olie tot sag. Voeg die vloeistof van die blikkies plus genoeg water om 1 liter te maak by. Voeg die tamaties, rys en aftrekselblokkies by. Prut 15minute. Roer die borrie, soetrissie en ertjies en prut 5 minute of totdat vloeistof geabsorbeer is. Toets vir smaak. Rangskik die sardyne filette en mossels bo-op die rysmengsel, bedek en verhit. Garneer met pietersielie en sit voor met 'n groen slaai.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck