SA Recipies

SOETSUUR VARK ROERBRAAI


SOETSUUR VARK ROERBRAAI

500g varkfilet, in dun repies gesny 1 knoffelhuisie gekneus

50ml tamatiesous   25ml sjerrie

12.5ml heuning       12.5ml witwynasyn

25ml sojasous 25ml sonneblomolie

1 wortel, geskil en in repe gesny   225g preie, ontpit en in repe gesny

1 rooi soetrissie, ontpit en in repe gesny      10g babamielies, gehalveer

200g sampioene, afgevee en in kwarte gesny      410g blik pynappelstukke

12,5ml mielieblom, opgelos in 12,5 ml water

 

Marineer varkfilet vir 30 minute in die mengsel van knoffel, tamatiesous, sjerrie, heuning, asyn en sojasous. Verhit olie, haal vleis uit marinade en roerbraai vir 5 minute. Voeg wortels, preie, soetrissie, sampioene en babamielies by en roerbraai vir 5 minute. Meng res van die marinade, pynappelstukke met sap en mielieblom saam. Giet in pan en kook vir 5 minute tot sous effens verdik. Sit dadelik voor op rys.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts