SA Recipies

SOETSUUR ROERBRAAI


SOETSUUR ROERBRAAI

40 ml olie 500g Frankforters, skyfies gesny

1 ui, ringe gesny     1 knoffelhuisie, gekneus

2 wortels, dun repies gesny   1 soetrissie, ontpit en gekap

200g swart sampioene, skywe gesny    750ml gaar stampmielies

440g blik pynapelstukke behou stroop  15ml sojasous

20ml mielieblom      7ml sout

grofgemaalde swartpeper.

 

Verhit olie in 'n braaipan of wok en braai die Frankforters tot bruin. Voeg die ui en knoffel by en braai tot deurskynend. Voeg wortels, groenrissie, sampioene en stampmielies by en roerbraai oor matige hitte. Meng 200ml pynappelstroop met sojasous en mielieblom. Roer dit sowel as die pynappelstukke en geurmiddels by die groente en roer totdat die mielieblommengsel verdik het.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck