SA Recipies

SKORSIEMOES - GROENTE


SKORSIEMOES - GROENTE

Oorryp, draderige skorsies is heerlik as mens dit op dié manier voorberei.

 

5 skorsies       15ml botter of margarien

125ml suiker    5 eetlepels koekmeelblom

10ml bakpoeier       2ml sout

250ml melk     3 eiers

15ml kaneelsuiker

 

Verhit die oond tot 180C. Smeer 'n oondvaste bak. Halveer die skorsies en skep die pitte uit. Kook die halwes tot sag. Dreineer dit. Skep die vleis uit, maak dit fyn en roer die margarien of botter by. Sif die suiker, koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Klits die melk en eiers saam en maak die meelmengsel daarmee aan. Voeg die skorsiemoes by en meng dit goed. Skep die mengsel in die bak en strooi die helfte van die kaneelsuiker oor. Bak die moes 'n uur lank onbedek. Strooi die res van die kaneelsuiker oor en sit die gereg voor.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck