SA Recipies

SEEKOS ROERBRAAI


SEEKOS ROERBRAAI

250g rou rys    1 ui, in ringe gesny

2 knoffelhuisies, fyn gedruk    1 groen soetrissie, in repe gesny

knoffelbotter om in te braai     250g knopiesampioene, gehalveer

knippie piri-piri        15ml gemengde kruie

sout en peper na smaak        500g bevrore seekosmengsel

 

Kook die rys in soutwater tot sag. Dreineer goed. Soteer die ui, knoffel en soetrissie in die knoffelbotter tot sag. Voeg die sampioene by en roerbraai tot ligbruin. Voeg al die geurmiddels by en meng goed. Giet kookwater oor die seekosmengsel en laat 2 minute lank staan (of volg die aanwysings op die pak). Dreineer en voeg by die uiemengsel. Roerbraai sowat 1 minuut lank, maar moenie te lank braai nie, want dan word die seekos taai. Meng die rys by, roerbraai tot alles deurwarm is en dien dadelik op. Genoeg vir 6 mense.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck