SA Recipies

SAMPIOEN-ROERBRAAI


SAMPIOEN-ROERBRAAI

4 uie, in blokkies gesny 2 eetlepels olyfolie

5 huisies knoffel, gekap 1-2 eetlepels vars gemmerwortel

2 murgpampoentjies, in die lengte gesny      1 geel soetrissie

1 rooi soetrissie      250g wit knopiesampioene, in kwarte

½ blokkie groente-ekstrak, verkrummel        75-100ml water

2 eetlepels vars koljander, gekap

2 teelepels mielieblom, gemeng met 2-3 eetlepels water

 

Roerbraai die uie met 'n klein bietjie van die olie oor matige hitte vir 'n kort tydjie. Voeg die helfte van die knoffel en gemmer by, dan die murgpampoentjies en rissies en braai totdat die pampoentjies krakerig, maar sag is. Haal uit die pan. Voeg die oorblywende olie by en roerbraai die sampioene met die orige knoffel en gemmer. Kook vir slegs 'n paar oomblikke sodat die sampioene nog hard is. Sprinkel die ekstrak by en voeg weer die uie en murgpampoentjies by. oeg geleidelik die water en mielieblompasta by. Kook 'n paar oomblikke terwyl jy roer totdat die vloeistof begin verdik. Geur die gereg met sojasous en koljander. Bedien onmiddellik.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck