Afrikaans Gedigte

Rooigrondtronk

Eugène Terre'Blanche


Rooigrondtronk

Drie uur smidags, 'n bietjie voor afhoktyd
staan ons in twee rye, en word soos skape getel
daarna agter traliehek en staaldeur toegesluit
en droom ek alleen tot die môre in my sel

Soos soggens, die middag ook pap
maar dan styf met 'n lepel vaal geel sop
dit met hom tot ons môre weer in rye uitstap
met leë maag en vol weemoed krop

Dit is melktyd op die plaas
netnou huppel die kalwers vry oor die veld
maar hier, die skor gemor van bandiete en blikborde wat raas
as hulle sing van slappap en flou poeiermelk

Halt, nie 'n tree verder gaan
die drade, elektries gelaai
laat jou stom stilstaan
en jy moet omdraai

Omdraai, na wat –
'n sel met diefweer vensters
'n Potplant, jou duurste skat
en jou hart op die vuil vloer, flenters!!

Hulle het aan die rowe gekrap
wat tyd probeer heel
maar agter seldeure, toegeklap
kan wat gebreek het, nooit weer heel

Last updated: 25th February 2011 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck