SA Recipies

ROMERIGE AARTAPPELGEBAK


ROMERIGE AARTAPPELGEBAK

1 ui, in ringe gesny        2 knoffelhuisies, fyngedruk

2 stele seldery, in ringe gesny       olie

4 groot aartappels, geskil en in skywe gesny       4-6 skywe ham, in blokkies gesny

25ml koekmeelblom      75ml melk

125ml room

 

Voorverhit die oond tot 180C. Spuit ‘n oondbak met kleefwerende middel. Soteer die ui, knoffel en seldery in ‘n bietjie olie tot sag. Rangskik die helfte van die aartappelskywe in die voorbereide bak en geur na smaak met sout en peper. Skep die uiemengsel oor en sprinkel die hamblokkies bo-oor. Pak die res van die aartappelskywe op en geur na smaak met sout en peper. Maak die koekmeelblom aan met ‘n bietjie melk tot ‘n gladde pasta. Meng dan met die orige melk  asook met die room. Giet oor die aartappels en bak 45-60 minute lank of tot die aartappels sag en gaar is. 

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts