SA Recipies

ROERBRAAIGROENTE MET APPELSAP EN KNOFFELBOTTER


ROERBRAAIGROENTE MET APPELSAP EN KNOFFELBOTTER

 

45ml sonneblomolie       5ml donker sesamolie

1 groot ui, in dun ringe gesny 2 knoffelhuisies, fyn gedruk

200g wortels, in julliene repies gesny    klontjies knoffelbotter

350g geskilde murgpampoentjies in julliene repies      200g wit sampioene, in skyfies gesny

500ml lensiespruite 125g mangetout, skoongevee

250ml onversoete appelsap    15ml mielieblom

30ml sojasous geroosterde sesamsaad    

 

Verhit die olies in ‘n groot braaipan. Voeg die uie, knoffel, wortels en murgpampoentjies by en roer aanhoudend oor medium hitte vir ongeveer 5 minute. Voeg die sampioene, spruite en mangetout by en roer nog vir 5 minute of tot alles glansend en gaar, maar nog bros is. Meng die appelsap, mielieblom en sojasous en voeg by. Roer tot die sous begin dik word en kook. Skep die groente uit in ‘n groot, warm opdienskottel en strooi sesamsaad oor.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck