SA Recipies

PYNAPPELBIER - DRANKIES


PYNAPPELBIER - DRANKIES

4 groot pynappels se skille    7 liter warm water

1.2kg wit suiker      12 rosyne

10g aktiewe of kitsdroë gis

 

Was pynappelstukke goed en plaas dit in 'n groot emmer met 'n deksel. Voeg die water en die suiker by en roer die mengsel totdat al die suiker opgelos is. Voeg die rosyne en gis by, sit die deksel op en laat die mengsel ongeveer 12 uur lank op 'n warm plek gis. Syg die mengsel deur en giet die filtraat in plastiekkanne of bottels. Plaas van die rosyne in elke kan en verseël dit. Bewaar die bier in die yskas.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck