SA Recipies

PLAATKOEKIES - KOEKE


PLAATKOEKIES - KOEKE

2 eiers     125ml suiker

250ml melk     25ml gesmelte margarien of olie

500ml meelblom     20ml bakpoeier

2.5ml sout

 

Klits die eiers en suiker saam.  Voeg 125ml melk en margarien by. Sif die meelblom, bakpoeier en die sout saam en voeg dit by die eiermengsel. Voeg die orige melk geleidelik by om 'n gladde mengsel te vorm. Moet die mengsel nie weer roer nadat alles goed gemeng is nie. Bak in 'n warm pan waarin bietjie olie gedrup is. Bak eers aan die een kant en as dit bo-op lugblasies vorm, draai die koekies om en bak ook aan die anderkant tot goudbruin.  Dien op met botter en stroop of heuning.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts