SA Recipies

PIESANG BROOD - BRODE


PIESANG BROOD - BRODE

125g botter        250g strooisuiker

2 ekstra-groot eiers        30ml joghurt of suurmelk

5ml vanieljegeursel  6 ryp, fyngemaakte piesangs

60ml gekapte neute (opsioneel)   250g koekmeel

5ml koeksoda    1,5ml sout

 

Room die botter en strooisuiker saam tot lig en donsig. Klits die eiers liggies met 'n vurk en voeg dit saam met die joghurt en vanieljegeursel geleidelik by die bottermengsel. Vou die piesangs en neute in. Sif die koekmeel, koeksoda en sout twee maal saam. Vou dit in die piesangmengsel tot goed gemeng. Smeer en voer 'n broodpannetjie met botterpapier uit. Giet die beslag daarin. Bak dit 50-60 minute in 'n voorverhitte oond by 180 C tot goudbruin en stewig. Laat heeltemal afkoel.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts