SA Recipies

PASTA-EN-TUNASMULTERT


PASTA-EN-TUNASMULTERT

2 groot tamaties in skywe gesny   2 groot uie opgekap

2 blikkies tuna (in water)        500-750ml reeds gemaakte dik witsous 500ml gaar pasta, noedels of macaroni 500ml gerasperde Cheddarkaas

sout en peper na smaak

 

Smoor of braai uie en tamatie en meng die tunavis by. Plaas die uie en tamatiemengsel in 'n groot oondvaste glasbak. Meng nou die pasta en witsous by. Meng alles goed en geur met sout en peper. Strooi nou die gerasperde kaas egalig bo-oor die mengsel. Bak vir omtrent 30 minute in oond van 180C. Om meer volume te kry, kan u twee tot vier geklitste eiers by mengsel inroer voordat u die kaas oorstrooi. Bedien met 'n vars slaai en brood. Die bestanddele kan gehalveer word vir 'n kleiner hoeveelheid.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck