SA Recipies

OUTYDSE SOETKOEKIES - KLEIN KOEKIES


OUTYDSE SOETKOEKIES - KLEIN KOEKIES

10 koppies meel     4 koppies suiker

500g margarien       6 eiers

10 teelepels bakpoeier    knippie sout

½ koppie lou water

 

Sif alle droë bestanddele saam. Klits botter en suiker vir ongeveer 10 minute tot room, en voeg eier een vir een by, klits goed. Voeg droë bestanddele by die suiker, margarien en eier mengsel. As deeg ‘n bietjie styf is voeg ‘n kwart tot ‘n halwe koppie lou water by en meng deur. Laat deeg vir ongeveer een uur staan. Rol uit op meel bestrooide oppervlakte en druk uit. Pak in gesmeerde bakplate. Bak teen 180°C vir 10 minute of tot ligbruin.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck