SA Recipies

NIERTJIEBREDIE - BREDIES


NIERTJIEBREDIE - BREDIES

6 skaapniertjies skoongemaak      10ml sout

1ml peper 25ml margarien

37.5ml ui, gekap     1 groen soetrissie, gekap

25ml tamatiepuree  375ml kookwater

1 vleisekstrakblokkie      25ml mielieblom

1ml tiemie       1ml paprika

 

Sny die niertjies in blokkies en sprinkel die sout en peper daaroor. Verhit die smeer en soteer die niertjies, ui en soetrissie daarin. Voeg die tamatiepuree by. Meng die vleisekstrak met die kookwater en voeg dit by die niertjies. Sit die deksel op en laat prut 20 minute lank. Meng die mielieblom met ‘n bietjie koue water en roer dit by die niertjiemengsel. Roer totdat die sous verdik. Voeg die tiemie en paprika by en laat prut nog vir 5 minute.

Lewer 4 porsies.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck