SA Recipies

NEUT EN SAAD BESKUIT - BESKUIT


NEUT EN SAAD BESKUIT - BESKUIT

550g bruismeel       15ml bakpoeier

250g Nutty Wheat   500ml geroosterde muesli

50g gekapte pekanneute 50g gekapte okkerneute

100ml sonneblomsade    50ml sesamsade

500g koue botter, in klein blokkies gesny     100ml pampoensade

500ml karringmelk   380g suiker

10ml asyn       2 groot eiers

 

Sif die bruismeel en bakpoeier saam. Voeg die Nutty wheat, neute en sade by. Voeg die botter by en vryf dit met jou vingerpunte in tot dit goed gemeng is. Klop die karringmelk, asyn en eiers saam. Voeg dit by die meelmengsel en roer tot al die bestanddele goed gemeng is. Verdeel die mengsel tussen twee broodpanne van 29x12cm. Bak 50-60 minute lank in vooraf verhitte oond van 180C, of totdat mespunt skoon uitkom. Haal die beskuit uit die panne en sny dit in stukke.  Verlaag dan die temperatuur tot 100C en bak dan die beskuit tot dit heeltemal uitgedroog is.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck