Hyperlinks




SA Recipies

NAMAKWALEWER


NAMAKWALEWER

4 middelslag uie (fyn gekap)   25ml kookolie

500g beeslewer       150ml ongesif afgemeet koekmeelblom

5ml sout   1ml peper

4 middelslag aartappels  250g ontbytspek (sonder swoerd)

250ml vleisaftreksel

 

Braai die uie tot goudbruin in die kookolie. Verwyder vliesies en pypies van die lewer en sny die lewer in dun, plat skyfies. Meng die koekmeelblom, sout en peper en rol die lewerskyfies daarin tot goed bedek. Skil en sny die aartappels in dun plat skyfies. Skep die helfte van die uie op die boom van ‘n bakskottel van 20x20x5 cm. Plaas die helfte van die lewer bo-op die uie en dan die helfte van die aartappelskyfies op die lewer en die helfte van die spekrepe op die aartappelskyfies. Herhaal die lae. Gooi die aftreksel oor en bak 2½-3 uur by 150C. Lewer 6 porsies.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck