SA Recipies

Mossel en aartappelsop


Mossel en aartappelsop

410g ingedampte melk (1 blik) of 375ml melk
375ml water
1 ui, gekap
5ml sout
1 selderystingel, gekap
1ml neutmuskaat
1ml rooipeper
30ml botter
30ml meel
300g aartappels, gaar en fyn gemaak
125ml wit wyn
1 blik mossels, gedreineer
gekapte pietersielie vir garnering.
Verhit die eerste 7 bestanddele tot kookpunt. Syg hierdie vloeistof
deur 'n doek en giet die vloei stof terug in die kastrol. Voeg die botter
by. Meng die meel met 'n bietjie water en roer dit by die vloeistof in.
Voeg die aartappels by, meng en verhit goed. Voeg die oorblywende
bestanddele by en verhit deur. Garneer soos verkies en sit warm
voor. Die sop moenie kook nadat die wyn bygevoeg is nie.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck