SA Recipies

LEPELBROOD - BYGEREGTE


LEPELBROOD - BYGEREGTE

'n Skep van hierdie brood met 'n smeerseltjie botter is heerlik saam met braaivleis.

 

450ml melk     300ml mieliemeel

5ml sout   50ml margarien, gesmelt

4 eiers, geskei

 

Voorverhit die oond tot 180C. Smeer 'n diep oondvaste bak van 24cm met margarien. Verhit die melk tot kookpunt.  Verwyder van die hitte en roer die mieliemeel geleidelik by. Roer tot glad. Plaas terug op die hitte en laat kook tot die mengsel verdik het. Roer elke nou en dan. Voeg die sout, asook gesmelte margarien by.  Verwyder van die hitte en laat heelwat afkoel. Klits die eier gele en vou by die mengsel in. Klits die eierwitte styf en vou ook by die mengsel in. Skep in voor bereide bak en bak sowat 35-40 minute lank of tot gaar. Lewer 4-6 porsies.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck