SA Recipies

LEMOEN EN ROSYNTJIE BROOD - BRODE


LEMOEN EN ROSYNTJIE BROOD - BRODE

Sap en skil van 1 lemoen     250ml rosyne

1 eier, effens geklits       30ml botter, gesmelt

500ml koekmeelblom     5ml bakpoeier

2ml koeksoda    2ml sout

125ml suiker      100g pekanneute, fyngekap

 

Voorverhit die oond tot 180C. Smeer ‘n broodpan van 23x13x7 cm met margarien. Vul die lemoensap aan met water tot 250ml. Voeg die gerasperde lemoenskil asook die die rosyne by.  Meng die eier en botter en voeg by. Meng goed. Sif die koekmeelblom, bakpoeier, koeksoda en sout saam. Voeg die suiker en gekapte pekanneute by en meng deur. Voeg die lemoensap mengsel by die droë bestanddele en meng deeglik. Skep in voorbereide pan en bak 1 uur lank of tot gaar. Laat effens afkoel en keer uit op ‘ draadrak. Laat heeltemal koud word voordat dit gesny word. Dien op saam met botter.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck