Afrikaans Gedigte
Laat berig
Rudolph Willemse
Laat berig
ek is Totius Breytenbach
spyker my
teen ‘n wilger vas
ek is ‘n gevaar
vir die heidendom
bewaar my
van duister drang
moederskap
-gedigte
bevry my
van sobotasieverse
dinamietkerse
tronkselle
hou my
(gedigte)
van die ashoop
af
koerante brand maklik