SA Recipies

KOOL FRIKKADELLE - ANDER VLEIS DISSE


KOOL FRIKKADELLE - ANDER VLEIS DISSE

1 groot koolkop       1 pak spekvleis, gesnipper

3 uie, fyn gekap      250g sampioene

1kg maalvleis   sout en peper

speserye vir vleis     2 ekstra groot eiers

250ml witwyn

 

Voorverhit die oond tot 180C, en smeer 'n oondbak. Trek die buiteblare van die koolkop af en kook die hele koolkop ongeveer 10 minute lank in kokende soutwater totdat die blare net sag is. Verwyder van die hitte en laat staan in water tot effens afgekoel. Braai die spekvleis, sampioene en uie tot net gaar. Skep onder in die mengbak. Meng die maalvleis, sout en peper en speserye na smaak met die eiers en vorm frikkadelle. Rol elke frikkadel in een of twee koolblare toe en rangskik op die spekmengsel. Herhaal totdat alles opgebruik is. Giet die wyn oor, bedek met foelie en bak ongeveer 1 uur tot die frikkadelle gaar is. Verwyder die foelie 10 minute voor die baktyd verstreke is.

Lewer 6-8 porsies.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts