SA Recipies

KOEKSTRUIF - POEDINGS


KOEKSTRUIF - POEDINGS

410g ingelegte appelkose of enige ander vrugte    1 sponskoek

250ml room     1 eierwit

37.5ml appelkooskonfyt  500ml melk

25ml sjerrie     25ml vlapoeier

25ml suiker     kersies en neute vir versiering

 

Smeer die konfyt oor die sponskoek en sny dit in vierkantige blokkies. Pak dit in ‘n glasbak.  Meng die sjerrie en stroop van die ingelegde vrugte en gooi dit oor die koek. Sny die appelkose en skep dit oor die koek. Meng die suiker en vlapoeier en voeg ‘n bietjie van die melk by. Verhit die res van die melk en voeg die vlapoeier by. Kook tot gaar en laat afkoel. Gooi die vla oor die appelkose. Klits die eierwit styf en voeg die room by wat geklop is. Skep dit bo-op nagereg.  Versier met verglansde kersies en neute en plaas in yskas om koud te word.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck