SA Recipies

KLASSIEKE VRUGTEKOEK - KOEKE


KLASSIEKE VRUGTEKOEK - KOEKE

50g glanskersies     45ml brandewyn

850g droëvrugte koekmengsel       50g amandels

225g koekmeelblom       2ml sout

2ml gemengde speserye 1ml vars gerasperde neutmuskaat

225g ongesoute botter    225g melassesuiker

4 ekstra groot eiers 15ml melasse

gerasperde skil van 1 suurlemoen  gerasperde skil van 1 lemoen

 

Plaas die glanskersies in 'n vergiettes en spoel die stroop af. Laat die kersies afdroog en sny dit fyn op. Voeg die droëvrugte koekmengsel by en meng goed. Sprinkel die brandewyn oor en roer die mengsel.  Bedek die houer en laat die vrugte oornag masereer. Kap die amandels met bruin velletjies en al fyn en sit dit opsy. Smeer 'n diep koekpan met 'n deursnee van 20cm. Voer die boom en want met 'n dubbele laag gesmeerde waspapier uit. Bind 'n dubbele laag dik bruinpapier buite-om die pan vas. Sif die koekmeelblom, sout en speserye die volgende dag saam. Verroom die botter en suiker tot lig en donsig. Klits die eiers saam en klop dan eetlepels vol op 'n keer by die bottermengsel in. Vou af en toe 'n bietjie van die meelmengsel by die bottermengsel in as dit lyk of dit wil skif. Vou die res van die meelmengsel baie liggies by die bottermengsel in. Vou daarna die vrugtemengsel, amandels en die res van die bestanddele in. Skep die beslag in die pan en smeer dit gelyk. Bedek die koek met 'n dubbele laag waspapier met 'n gaatjie in die middel. Plaa die koek op 'n dubble laag bruinpapier op die onderste oondrak en bak dit ongeveer 4½ uur lank in 'n vooraf verhitte oond by 140C. As 'n toetspen in die middel van die koek ingesteek word en skoon daaruit kom, is die koek gaar. Laat die koek 'n halfuur in die pan afkoel. Keer dit op ' draadrak uit en sprinkel 'n bietjie brandewyn of rum oor wanneer dit koud is. Draai die koek in 'n dubble laag waspapier toe. Dit kan vir 6 maande op die rak, of tot 'n jaar in die vrieskas gebêre word. Maak dit in die begin 1 keer per week oop en en daarna elke maand.  Sprinkel brandewyn oor.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck