SA Recipies

KERRIE-EIERS - ALLERLEI


KERRIE-EIERS - ALLERLEI

1 hoenderekstrakblokkie

225ml warm water

25ml margarien      

1 ui (fyn gekap)

25ml koekmeelblom      

12,5ml matige kerriepoeier

225ml melk (effens verhit)     

5ml suiker

1ml sout  

12,5ml asyn

10ml sultanas-opsioneel

25ml tamatiepuree

2 lourierblare   

3 peperkorrels

25ml blatjang  

4 hardgekookte eiers(in kwarte gesny)

pietersielie vir garnering

 

Los die hoenderekstrakblokkie op in die warm water en hou dit eenkant. Verhit die margarien in 'n swaarboomkastrol en soteer die ui daarin totdat dit ligbruin is. Voeg die kerriepoeier by en meng dit tot glad. Roer die melk en aftreksel wat eenkant gehou is, geleidelik by en laat dit ongeveer 5 minute lank prut totdat die sous verdik. Roer dit voortdurend. Roer suiker, sout, asyn, sultanas, tamatiepuree, lourierblare, peperkorrels en blatjang by en laat die sous 10 - 15 minute lank prut.  Roer dit voortdurend. Voeg die eierkwarte versigtig by en laat dit nog 4 minute lank prut.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck