SA Recipies

KAAS-EN-SAMPIOENGEBAK


KAAS-EN-SAMPIOENGEBAK

12dun snye wit brood, korsies verwyder       45ml botter, gesmelt

625ml Cheddarkaas, gerasper       250g sampioene in skywe gesny

½ groensoetrissie, ontpit en fyngekap   4 groot eiers, geklits

750ml melk     2,5ml paprika

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak        1ml gemengde kruie

 

Smeer 'n oondvaste bak. Smeer gesmelte botter liggies oor albei kante van elke sny brood. Sny elke sny in die helfte en rangskik die helfte van die brood op die bodem van die bak (in 'n enkel laag). Sprinkel die helfte van die kaas oor die broodskywe in die bak. Plaas al die sampioenskywe eweredig bo-oor. Herhaal die lae met die oorblywende broodskywe en gerasperde kaas. Sprinkel groensoetrissie bo-oor. Klits eiers en melk saam. Geur met sout, peper en gemengde kruie en  paprika. Gooi die eiermengsel oor gereg in bak. Bedek met kleefplastiek en plaas oornag in yskas. Bak in voorverhitte oond teen 180C onbedek vir 35-45

minute, tot gestol en goudbruin bo-op.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck