SA Recipies

HEUNING GEROOSTERDE VARKBOUD - BRAAISTUKKE


HEUNING GEROOSTERDE VARKBOUD - BRAAISTUKKE

1.5kg varkboud  60ml rosyne

30ml roosmarynblare      vars gemaalde swartpeper na smaak

125ml heuning   sout na smaak

410g(1 blik) heel tamaties    180ml appelwyn of ligte witwyn

 

Verwyder die vel van die boud. Maak met ‘n mes diep kepies in die vetlagie tot in die vleis. Druk ‘n paar rosyne en ‘n paar roosmarynblare in elke keep. Geur vleis met peper en smeer heuning oor die vleis. Maak boud tot in foelie en plaas op ‘n koel plek, maar nie in die yskas nie. Laat staan ten minste vir 12 uur lank. Voorverhit die oond tot 160C. Geur die varkboud met sout en bedruip weer met heuning. Plaas boud in oondpan en bak oop vir 1½ uur. Plaas tamaties in ‘n versapper, voeg wyn by en verpulp. Voeg tamatiemengsel by vleis. Bak nog 30 minute lank. Gooi tamatiesous deur sif, sny vleis en sit voor saam met die sous.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck