SA Recipies

GEURIGE KOOL VAN OUMA FRIEDA - GROENTE


GEURIGE KOOL VAN OUMA FRIEDA - GROENTE

1 klein koolkop, gekerf   

2 wortels, gerasper

2 uie, gekerf   

1 kg maalvleis

1 pakkie hoendernoedelsop   

5 ml borrie

2 eetlepels kerrie (matig)      

1 teelepel sout

1 ml swartpeper     

4 eetlepels botter

125ml room

 

Gebruik ´n groot braaipan.  Braai die uie in 4 eetlepels botter tot ligbruin.  Voeg die kool by en roerbraai vir ongeveer 30 minute.  Voeg nou vleis, wortels en geurmiddels by.  Maak sop aan met 500 ml water en gooi helfte by.  Kook / prut vir 30 minute en gooi af en toe van die res van die sop by of as dit nodig is kan meer water by gegooi word (moenie laat dit brand nie). Roer die room by. Bedien met rys, vars broodjies en mengelslaai.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck