SA Recipies

GESONDHEIDS BESKUIT - BESKUIT


GESONDHEIDS BESKUIT - BESKUIT

1 kg volkoringmeel  500 ml koekmeel

250 ml klapper   500 ml fyngedrukte graanvlokkies

200 ml pitlose rosyne     125 ml sonneblomsaad

55 ml bakpoeier 10 ml sout

500 ml suiker     250 g margarien, gesmelt

250 ml sonneblomolie     1 liter kookwater

 

Stel die oond op 180C. Meng al die droë bestanddele, behalwe suiker saam. Giet die gesmelte margarien in ´n ander mengbak en voeg die suiker, olie en kookwater by. Meng. Voeg by die droë bestanddele en meng goed. Skep deeg in 2 gesmeerde broodpanne. Doop ´n mes in warm water en sny die deeg in blokkies. Bak sowat 1 uur, of tot gaar, in die voorverhitte oond. Laat effens afkoel in die panne. Keer uit, breek in stukke en droog uit.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck