SA Recipies

GEPEPERDE NIERTJIES


GEPEPERDE NIERTJIES

 

8 skaapniertjies      5ml suurlemoensap

5ml sout   10ml aangemaakte mosterd

paar druppels worcestersous  knypie rooipeper

1 ui (fyn gekap)       30ml margarien

 

Verwyder alle vet aan niertjies, trek velle af, halveer  elk oorlangs en sny pypies uit. Laat 1 uur in soutwater week. Droog met kombuispapier af en plaas op 'n plank of bord met die snykante na bo. Meng suurlemoensap, sout, mosterd, peper en worcestersous. Verf oor niertjies en laat 'n uur in die koelkas. Soteer ui in botter tot geel en sag, skep uit en hou warm. Plaas niertjies in dieselfde pan en braai hulle 5-10 minute vinnig aan elke kant tot gaar. Draai gereeld om en voeg nog botter by indien nodig. Strooi ui oor niertjies en sit voor. Lewer 4 porsies.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck