SA Recipies

GEBAKTE EIERS EN HAM IN KAPOKAARTAPPELS


GEBAKTE EIERS EN HAM IN KAPOKAARTAPPELS

750g aartappels (6-7), geskil en in kwarte gesny 250ml water

1ml sout   30ml botter óf margarien

60ml melk       6 eiers

125g gerookte ham, in repies gesny     300ml witsous

250ml room     gekapte sprietui

 

Plaas die aartappels, water en sout in 'n kastrol en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte, bedek en laat prut tot sag. Dreineer en druk fyn, voeg die botter of margarien en melk by en meng tot glad en romerig. Skep die kapokaartappels in 'n gesmeerde middelslag vuurvastebak en maak gelyk. Maak 6 diep holtes in die aartappels met die agterkant van 'n eetlepel. Breek 'n eier in elke holte, sprinkel die ham liggies oor en giet die witsous en room eweredig oor. Bak die gereg sowat 20 minute lank in 'n voorverhitte oond by 180C totdat die eiers gestol het en die gereg bokant borrelrig is. Strooi 'n bietjie gekapte sprietui bo-oor en sit dadelik voor met 'n groenslaai.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck