SA Recipies

EKONOMIESE VISGEREG


EKONOMIESE VISGEREG

500g skelvis, gaar   30 ml botter

30ml koekmeel       2ml sout

300ml melk     300ml gaar stampmielies

15ml vars pietersielie, gekap  300ml Cheddarkaas, gerasper

2 eiers     200ml melk

 

Voorverhit die oond tot 180C en smeer 'n vuurvaste oondskottel. Vlok die skelvis. Smelt die botter en roer die meel en sout by. Voeg die melk by en verdik vir 3 minute terwyl die mengsel geroer word. Voeg die witsous, stampmielies, pietersielie en kaas by die skelvis. Klits die eiers en melk saam en meng met die skelvismengsel. Giet mengsel in die oondskottel en bak vir 30 minute. Sit voor saam met slaai as 'n ligte noenmaalgereg.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck