Afrikaans Gedigte

Ek het 'n huisie by die see

H.A. Fagan


Ek het 'n huisie by die see

Ek het 'n huisie by die see. Dis nag.
Ek hoor aaneen, aaneen die golwe slaan
teenaan die rots waarop my huisie staan
met al die oseaan se woeste krag.

Ek hoor die winde huil - 'n kreun, 'n klag,
soos van verlore siele in hul nood
al dwalend, klagend, wat in grag en dood
geen rus kon vind nie, maar nog soek en smag.

My vuurtjie brand, my kersie gee sy lig.
Ek hoor dan maar hoe loei die storm daarbuite
ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite;
hierbinne is dit veilig, warm en dig.

Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan -
dit is 'n rots waarop my huisie staan.

Last updated: 22nd February 2011 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck