SA Recipies

EENVOUDIGE AANDETE


EENVOUDIGE AANDETE

8-10 ronde broodrolletjies       olie

1 ui, gekap      1 knoffelhuisie, fyngemaak

1 tamatie, ontvel en fyngekap 410g sampioensop

250ml room     sout en varsgemaalde swartpeper

knippie suiker  gerasperde kaas

 

Voorverhit die oond tot 180C. Sny die boonste dele van die broodrolletjies af en hol die broodjies uit van binne–daar moet ‘n rand van ongeveer 1cm reg rondom oorbly. Behou die stukkies uitgeholde brood. Verf die boonste dele en die binnekante van die broodrolletjies met olie en plaas op die bakplaat. Plaas in die oond tot die broodrolletjies bros is. Soteer die ui en knoffel in ‘n bietjie olie tot sag. Voeg die tamatie by en prut tot ‘n moes. Voeg die sampioensop, room en die stukkies brood by en prut tot die mengsel lekker dik is. Geur na smaak met die sout, peper en suiker. Skep die mengsel in die uitgeholde broodrolletjies, sprinkel kaas  bo-oor en rooster onder die roosterelement van die oond tot die kaas gesmelt het. Plaas die boonste gedeeltes terug en sit onmiddelik voor.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck