SA Recipies

DRIEVLEIS PASTEI - BREDIES


DRIEVLEIS PASTEI - BREDIES

1kg beesfilet, in blokkies gesny     250ml koekmeelblom

250g bladspekvleis, in blokkies gesny   sout en peper na smaak

5-6 skaapniertjies, vlies en pypies verwyder  1 ui, gekap

250g knopie sampioene, in skyfies gesny    botter

1-2 rolle bevrore skilferkors ontdooi       geklitste eiergeel

 

Voorverhit die oond tot 200C. Meng die filet, niertjies en spekvleis saam. Geur liggies met sout en swartpeper en rol in koekmeelblom. Soteer die ui en sampioene in genoeg botter totdat die ui sag is. Skep uit en braai die vleismengsel in nog botter tot die vleis gaar is. Meng met die uiemengsel.

Rol die skilferkors dunner uit en voer 'n groterige oondbak of 2 kleineres, daarmee uit. Skep die vulsel in. Verf die borand van die bak met water en bedek die vulsel ook met deeg. Druk die kante vas met ‘n vurk. Verf die kors met geklitste eiergeel  en bak sowat 25-30 minute lank of tot die kors goudbruin is.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck