Hyperlinks




Afrikaans Gedigte

Dis More!

Gustav Preller


Dis More!

More pluk ons blomme - more
as die reën en mis eers oor is,
as die modder opgedroog is,
as die son ons toelag - more;
more pluk ons blomme, more!
More keer ons wat verkeerd is,
maak ons reg wat sleg is,
soek ons op wat weg is,
maak ons heel wat stuk is, more,
as die son maar skyn op more!

Maar al die mores was vandag,
en al die dae more;
al die blomme is verwelk al
op die stengels more.
Al die hande wat ons help
op more - is van gister.
Al wat weg is, sleg of stukkend,
is en bly dit nog vir more!
Die reën en mis en wolke
wat ons sou gekeer het gister,
keer ons maar vandag nog;
maar ons wag vir more!

Tog: die skuld van ál die mores,
die beloftes, hope, wense,
onvervuld aan ál die mense -
moet voldaan word op een more!

Last updated: 24th February 2011 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck