SA Recipies

DENNINGVLEIS - ANDER VLEIS DISSE


DENNINGVLEIS - ANDER VLEIS DISSE

Denningvleis het die Maleiers vir ons gegee. Die woord beteken gegeurde vleis. As jy nie tamaryn in die hande kan kry nie, kan jy 'n bietjie suurlemoensap of 'n kwartkoppie asyn gebruik. Maar tamaryn is eintlik die regte ding.

 

12.5ml skaapvet      2 knoffelhuisies gekneus

2 uie in ringe gesny 10ml suiker

1 kg dunrib of boudvleis (skaap)     4 kruie naeltjies

4 wonderpeperkorrels     2 lourierblare

sout en peper  raspertjie neutmuskaat

125ml water     2.5ml tamaryn

nog 125ml water

 

Smelt die skaapvet in 'n swaarboomkastrol. Voeg die knoffelhuisies en die uie daarby. Strooi suiker oor en smoor so in die pan tot die uie goudkleurig is. Skep uit en sit die vleis in die kastrol. Die vleis moet in stukkies gesny wees. Braai dit ook tot dit begin verkleur. Voeg nou die kruie naeltjies, wonderpeperkorrels, lourierblare, sout, peper en 'n raspertjie neut by die vleis en skep die uie en knoffel terug in die pot. 125ml water kom by, die deksel word opgesit en dan word die vleis gestowe tot sag. Dit neem ongeveer 1 tot 1½ uur. Week intussen die tamaryn in die orige 125ml water. Syg die water deur 'n fyn sif en voeg dit by die vleis. Laat weer stowe, net so 'n rukkie om die geure goed te meng, en sit voor met rys of gekookte aartappels.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck