SA Recipies

BRUINBROOD - BRODE


BRUINBROOD - BRODE

600ml witbroodmeel       560ml volkoringmeel

600ml bruinbroodmeel    1x10g kitsgis

sout na smaak 500-750ml warm water

 

Meng die meel, gis en sout in 'n groot mengbak. Maak 'n holte in die meel en voeg 500ml van die water by. Meng met 'n lepel tot 'n stywe deeg vorm. As die deeg te styf is, kan nog water bygevoeg word. Knie deeg op 'n houtplank wat liggies met meel bestrooi is, tot glad en elasties. Vorm die deeg in twee gesmeerde broodpanne, bedek en laat rys tot dubbel die volume. Bak 40-60 minute in 'n voorverhitte oond by 200C.  Laat op 'n draadrak afkoel.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck