SA Recipies

BROOD EN KAASGEREG


BROOD EN KAASGEREG

8 snye brood   50ml botter of margarien

40ml Marmite  4 eiers

500ml melk     5ml sout

1ml peper 5ml mosterdpoeier

knippie rooipeper     2 tamaties, in skywe gesny

1 groen soetrissie, in ringe gesny  50ml gerasperde kaas

 

Stel die oond op 180C. Smeer die brood met die smeer en die Marmite. Sny die brood in blokkies. Klits die eiers, melk, sout,peper, mosterd en rooipeper saam. Smeer ‘n oondskottel met ‘n inhoudsmaat van 1.5 liter en rangskik die helfte van die brood blokkies op die bodem. Plaas die helfte van die tamatie en soetrissie op die brood en strooi die helfte van die kaas bo-oor. Herhaal die lae. Gooi die melkmengsel bo-oor en laat week 20 minute lank voordat dit gebak word. Bak vir 30 minute lank in ‘die voorafverhitte oond.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck