SA Recipies

BOOMKOEK - KOEKE


BOOMKOEK - KOEKE

275ml botter      300ml strooisuiker

6 ekstra groot eiers, waarvan 4 geskei is  5ml vanielje geursel

5ml rum of brandewyn    300ml koekmeelblom

200ml mielieblom    15ml bakpoeier

500ml versiersuiker ongeveer 100ml water

 

Voorverhit die oond tot 180C. Voer ‘n 23cm koekpan uit met waspapier. Verroom die botter en strooisuiker tot lig en romerig. Voeg die twee heel eiers en vier eiergele een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Voeg die vanielje geursel en brandewyn by en meng goed. Sif die droë bestanddele by, behalwe die versiersuiker. Voeg geleidelik by die bottermengsel. Meng goed.  Klits die eierwitte styf en vou by die mengsel in. Skep 125ml van die mengsel in die voorbereide pan, maak gelyk en bak 12 minute lank. Skep nog 125ml op die gebakte laag, maak gelyk tot teen die kant, bak nog 10-12 minute lank of totdat die laag gaar is. Herhaal die lae totdat jy ten minste agt lae het. (Sit ‘n bakkie met water onder in die oond om te verhoed dat die onderste laag brand.) Laat effens afkoel in die pan en keer danop ‘n draadrakkie uit om heeltemal koud te word.  Sif die versiersuiker en meng met net genoeg water om ‘n gladde dik versiersel te maak. Giet oor die koek.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck