SA Recipies

BOERE CROISSANTS - ALLERLEI


BOERE CROISSANTS - ALLERLEI

900ml koekmeelblom    

25ml bakpoeier

2ml sout  

1ml rooipeper

125g botter of margarien

500ml Cheddarkaas, gerasper

300-325ml melk     

1 eiergeel

 

Voorverhit die oond tot 200C. Spuit 'n bakplaat met kleefwerende kossproei of smeer goed met botter of margarien. Sif die droë bestanddele saam en vryf die botter mee jou vingerpunte in  totdat die mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg die kaas en ongeveer 275-300ml melk by om 'n stywe deeg te vorm wat uitgerol kan word. Verdeel die deeg in vier ewe groot stukke. Rol elke deegstuk dun uit op 'n meelbestrooide deegplank sodat dit sirkels van 20cm in deursnee vorm. Sny die buiterande mooi rond en verdeel elk van die sirkels soos die speke van 'n wiel in agt ewe groot stukke. Rol elke stuk van die buiterand na die punt toe op. Buig die 32 rolletjies effens om hulle halfmaanvormig te kry en plaas 'n entjie uitmekaar op die gesmeerde bakplaat. Klits die eier geel met die orige melk en bestryk die rolletjies daarmee. Plaas die rolletjies hoog in die oond en bak ongeveer 15 minute lank tot gaar of goudbruin. Lewer 32 croissants.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck