SA Recipies

BOBOTIE - ANDER VLEIS DISSE


BOBOTIE - ANDER VLEIS DISSE

1 dik sny witbrood   50ml koue melk

500g gemaalde lamsvleis       1 ui (fyn gekap)

5ml sout   1ml vars gemaalde swartpeper

2ml knoffelvlokkies  10ml matige kerriepoeier

1ml borrie 12,5ml blatjang

12,5ml asyn    3 eiers

1lourierblaar     12,5ml mielieblom

12,5ml koue water   350ml kookmelk

 

Voorverhit die oond tot 160C. Week die brood in die melk en druk dan die oortollige melk uit.  Hou die sagte brood eenkant. Meng die maalvleis, ui, sout, peper, knoffelvlokkies, die helfte van die kerriepoeier, die borrie, blatjang, asyn, 1 eier en die sagte brood. Skep die vleismengsel uit in 'n goed gesmeerde oondskottel , steek die lourierblaar daarin en bak dit 15 minute lank op die middelste oondrak sodat die bobotie 'n kors bo-op kan vorm. Hou dit eenkant warm. Klits die oorblywende 2 eiers saam en hou dit eenkant. Meng die mielieblom, die res van die kerriepoeier en die koue water tot 'n gladde pasta en roer dit by die geklitse eiers. Voeg die kookmelk geleidelik by en laat dit prut totdat dit effens verdik. Roer dit voortdurend. Haal die mengsel van die plaat af en gooi dit oor die bobotie. Bak die bobotie nog 25-30 minute lank op die middelste rak van die oond totdat dit ferm en ligbruin is. Bedien warm met blatjang.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck